Registreer

Finansies

Halfdag: R2 000 per maand

Voldag: R2 320 per maand

Registrasiefooi: R600

Ure: 06:00 – 17:45.

Fooie word bereken op twaalf maandelikse paaiemente. Betalings geskied streng voor of op die 3de van elke maand. Betaal slegs vir 11 maande wanneer die totale jaarlikse fooi vooruit betaal word. Een kalender maand kennis word verlang om jou kind uit die skool te haal.

Die volgende is ingesluit by die maandelikse fooi:

n Gesonde en gebalanseerde ontbyt, oggendpeuselhappie, middagete en middagpeuselhappie is ingesluit vir alle maatjies. Voldag maatjies is welkom om ‘n addissionele kosblik te pak vir die middagpeuselhappie. Ouers wie se babas nog op melk is stuur dit daagliks saam skool toe, ‘n yskas is beskikbaar vir borsmelk.

Die volgende is uitgesluit by die maandelikse fooi:

Alle doeke en wetwipes vir babas en kleuters wat nog doek dra.

Melk vir babas en kleuters wat nog bottel drink.

Uitstappies en instappies (Die kostes word bereken na gelang van die uitstappie en ouers word vooraf in kennis gestel van die kostes.)

Buitemuurse aktiwiteite

Jaarlikse fondsinsameling