Meer oor ons

Oerwoud Kleuterskool en Naskoolsentrum het ontstaan toe die eienaar, Zulize, dit nie oor haar hart kon kry om haar eie kinders na ‘n kleuterskool toe te stuur nie. Sy het met `n speelgroepie in 2017 begin van haar huis af met 5 maatjies en het die jaar geëindig met 18. So het sy in 2018 `n perseel gekoop en haar kleuterskool geskuif. Zulize glo nog in modder koekies bak en dat elke kind teen sy/haar eie pas groei en ontwikkel. Ons fasiliteite beskik oor 5 klaskamers met `n maksimum van 9 leerders per klas wat verseker dat elke kind, in elke klas, in elke fase, die nodige aandag en liefde ontvang. Die opvoerders sowel as die assistente is goed opgelei en passievol oor die daaglikse versorging en opvoeding van elke baba, peuter en kleuter wat in ons sorg geplaas word.

Fotoboek