ontmoet ons span
WAAR ELKE DAG `N AVONTUUR IS
Hilda


Kariena
Ek wou nog altyd `n onderwyseres geword het om `n verskil in die lewe van kinders te maak. Jy moet die vermoë hê om toegewyd en geduldig te wees asook om vinnige oplossing te kan kry. Ek sien die meeste vordering by klein kinders. Jy kan help om kinders te ontwikkel en moet kreatiewe oplossings hê om die kleintjies te help om basiese vaardighede te leer. `n Passie en `n begeerte is wat jy moet hê om met klein kinders te werk. Ek pak elke dag met nuwe toewyding aan. Ek het oor die jare baie geleer oor menswees by die kindertjies, soos om te lag… `n mens kan nie altyd oor alles raas nie, somtyds moet mensnet die snaaks in `n oomblik raaksien en dit geniet.
Zulize
Van kinsbeen af wou ek nog altyd `n Juffrou geword het. My kinder speeltyd het bestaan uit juffrou-juffrou speletjies, my ma het ook nooit nodig gehad om te vra hoe my dag was nie – ek het my skooldag elke middag uitgebeeld deur met my teddies in die middae te speel, so my ma het presies geweet met wie juf Annetjie die dag in die klas mee geraas het, hahahaha. In Std. 1 was ek deel van die voortrekkers in Kimberley en een Saterdag het my nig en neef ons na `n plaas toe geneem om vir plaas kindertjies skool te gaan gee – ek dink daar het my grootste liefde begin om n juffrou te word. Natuurlik was ek ook maar net 9jaar oud, maar om daai gesiggies te sien inkleur en my juffrou te noem het ek sommer geweet dit is wat ek wil doen. Na skool het ek die geleentheid gekry om by `n kleuterskool aan te sluit Bambino Montessori Cullinan. Ek het daar en dan geweet dit is wat ek wil doen vir die res van my lewe – om te sien hoe elke kleintjie groei elke jaar en hoe hulle verbeter, was vir my `n ongelooflike lekker gevoel. Ek het Bambino Montessori verlaat en vir my man gaan werk by Roelf Kruger paneelkloppers vir `n jaar in die kantoor, maar o nee genade kantoor werk was nie vir my nie. Ek het verlang na die kinders. Ek is 2014 terug na Bambino Montessori toe en einde 2017 het ek weer bedank en 2018 het ek my eie kleuterskool oopgemaak van ons huis af. In `n jaar het die Kleuterskool te groot gegroei om te kon aanbly by die huis en so het `n groter plekkie kry. Met die hulp van my man af kon ons `n ander kleuterskool oor koop, en ons groei saam met die skool.
NQF Level 4 – 2015 voltooi
NQF Level 5 – 2018 voltooi


Claire
Pearl
My name is Amelia Pearl Mashaba, I like working with the babies because they are so adorable human beings with little hands and tiny feet. Their smile is so adorable that they make you forget about what’s happening around the world
The person who motivated me is my mother, she encouraged me to do study for ECD at the moment I have my level 4 working towards my level 5. She tough me to me to love and care for any children and treat them as if they were my own.
I pride myself on my responsible work ethic, my integrity, honesty and loyalty. I am a passionate person in everything I do, I excel in positions where I can utilize, share and embrace my skills and abilities within this environment that is both productive and supportive.


Thandi
“A baby’s smile is so powerful that it can make you forget all your troubles in the world.”