Ontmoet ons Span
Zulize Kruger
Hoof
Van kinsbeen af wou ek nog altyd `n Juffrou geword het. My kinder speeltyd het bestaan uit juffrou-juffrou speletjies, my ma het ook nooit nodig gehad om te vra hoe my dag was nie – ek het my skooldag elke middag uitgebeeld deur met my teddies in die middae te speel, so my ma het presies geweet met wie juf Annetjie die dag in die klas mee geraas het, hahahaha. In Std. 1 was ek deel van die voortrekkers in Kimberley en een Saterdag het my nig en neef ons na `n plaas toe geneem om vir plaas kindertjies skool te gaan gee – ek dink daar het my grootste liefde begin om n juffrou te word. Natuurlik was ek ook maar net 9jaar oud, maar om daai gesiggies te sien inkleur en my juffrou te noem het ek sommer geweet dit is wat ek wil doen. Na skool het ek die geleentheid gekry om by `n kleuterskool aan te sluit Bambino Montessori Cullinan. Ek het daar en dan geweet dit is wat ek wil doen vir die res van my lewe – om te sien hoe elke kleintjie groei elke jaar en hoe hulle verbeter, was vir my `n ongelooflike lekker gevoel. Ek het Bambino Montessori verlaat en vir my man gaan werk by Roelf Kruger paneelkloppers vir `n jaar in die kantoor, maar o nee genade kantoor werk was nie vir my nie. Ek het verlang na die kinders. Ek is 2014 terug na Bambino Montessori toe en einde 2017 het ek weer bedank en 2018 het ek my eie kleuterskool oopgemaak van ons huis af. In `n jaar het die Kleuterskool te groot gegroei om te kon aanbly by die huis en so het `n groter plekkie kry. Met die hulp van my man af kon ons `n ander kleuterskool oor koop, en ons groei saam met die skool.
NQF Level 4 – 2015 voltooi
NQF Level 5 – 2018 voltooi
Hilda Selahle
Wurms
Ek kyk al van 1985 af na kinders. Ek was nog altyd baie lief vir kinders, maar my hart is by die baba-klas. Hulle laat my lag en hou my nog jonk. Ek geniet hulle vreeslik baie.
Pearl Mashaba
Tiere
My name is Amelia Pearl Mashaba, I like working with the babies because they are so adorable human beings with little hands and tiny feet. Their smile is so adorable that they make you forget about what’s happening around the world
The person who motivated me is my mother, she encouraged me to do study for ECD at the moment I have my level 4 working towards my level 5. She tough me to me to love and care for any children and treat them as if they were my own.
Kariena Harmse
Gr R – Uile
Dis die passie in my om n verskil te maak, om kinders voor te berei vir die lewe, dit is belangrik om te verstaan dat geen onderwyser perfek is nie, maar ons doen meestal alles tot die beste van ons vermoë, ek glo elke kind het die potensiaal om sukses te behaal.
Ek hou daarvan om werk op te stel wat leerders sal geniet en wat hulle daardie ekstra hupstoot sal gee.
Thandi Sebothoma
Sjef
My name is THANDIWE SEBOTHOMA, but the kids call me “Thandie”, born 23 September. Me loving cooking is not a passion but a lifestyle, without cooking there is no ‘Thandie’. I love making kids happy with the food I prepare every day. Hearing them say “dankie Thandie, die kos was lekker” with a smile on their faces makes my day. My mission is to see happiness on their faces every day.
“A baby’s smile is so powerful that it can make you forget all your troubles in the world.”NQF Level 4 – 2015 voltooi
NQF Level 5 – 2018 voltooi