Meer oor ons

Meer oor ons

Oerwoud Kleuterskool en Naskoolsentrum in Rayton het ontstaan toe die eienaar, Zulize, dit nie oor haar hart kon kry om haar eie kinders na ‘n kleuterskool toe te stuur nie. Sy het met `n speelgroepie in 2017 begin van haar huis af met 5 maatjies en het die jaar geëindig met 18. So het sy in 2018 `n perseel gekoop en haar kleuterskool geskuif. Van 2022 word ons Oerwoud Kleuterskool en die naskool val weg. Zulize glo nog in modder koekies bak en dat elke kind teen sy/haar eie pas groei en ontwikkel. Ons fasiliteite beskik oor 5 klaskamers met `n maksimum van 15 leerders per klas wat verseker dat elke kind, in elke klas, in elke fase, die nodige aandag en liefde ontvang. Die opvoerders sowel as die assistente is goed opgelei en passievol oor die daaglikse versorging en opvoeding van elke baba, peuter en kleuter wat in ons sorg geplaas word.

Klaskamers

Die skool bestaan huidiglik uit 5 klaskamers. 4 van ons klaskamers bevat `n maksimum van 16 maatjies, waarvan ons babaklas 12 maatjies vat. Met klein klassies beteken dat maatjies die nodige aandag kry. 

Etes

2 x voedsame hoofmaaltye en 2 x versnapperinge word daagliks voorsien.

Aktiwiteite

Oerwoud Kleuterskool se aktiwiteite word rondom `n basiese dagprogram georganiseer wat voorsiening maak vir roetine-aktiwiteite, gerigte aktiwiteite n vryspel binne en buite klasse.

Assessering

Assessering en evaluering word deurgaans gedoen en vorderingsverslae word aan die einde van die eerste, tweede en vierde kwartaal uitgegee.

Rayton Kleuterskool
Die volgende is ‘n tipiese dag by Oerwoud Kleuterskool

en mag verskil na gelang van ouderdom

Elke dag bestaan uit ‘n kombinasie van die volgende aktiwiteite:

Kwartaalikse uitstappies / instappies word beplan. Die kostes word per uitstappie bereken en ouers ontvang inligting daaroor per WhatsApp.